Aartappelmoere van die hoogste gehalte.

Agrimark Operations Ltd is op die volgende maniere betrokke in die aartappel industrie:

  • Betrokke by die aankoop, verhandeling, en uitvoer van aartappelmoere.

  • Lid van die Moerehandelaarsforum van Suid-Afrika (MHF) en Moerkwekersforum van Suid-Afrika.

  • Koop en verkoop aartappelmoere van die hoogste gehalte in die Sandveld, asook in die binneland.

  • Betrokke by die finansiering en administrasie van aartappelmoere van produsente en groot aartappel verwerkers regoor Suid-Afrika.

Kontak

Die Moerhandelaarsforum (MHF) (“Seed Potato Traders’ Forum”) is gestig om ordelike bemarking van moere te verseker. Lede voldoen aan ‘n gedragskode en bied ‘n bemarkingskanaal wat ‘n professionele bemarkingsdiens aan die moerbedryf en kommersiële aartappelprodusent lewer. [Meer Inligting]

Die Aartappelsertifiseringsdiens (ASD) (“Potato Certification Service (PCS)”) voorsien dienste relevant tot die aartappel industrie in Suid-Afrika om te verseker dat dit optimaal presteer deur die beskikbaarheid van hoë kwaliteit plantmateriaal te verseker. [Meer Inligting]

Die Moerkwekersforum van Suid-Afrika (“Seed Grower’s Forum”) vorm deel van die die Aartappelsertifiseringsdiens (ASD) en dien as platform vir rolspelers om items wat die aartappel industrie beïnvloed te bespreek. [Meer Inligting]

Aartappels SA (“Potatoes SA”) is ‘n industrie vereniging wat ‘n netwerk van deelnemende rolspelers en individue verteenwoordig wat betrokke is by verskeie forums en komitees met die doel om ‘n lewensvatbare aartappel industrie in Suid-Afrika te verseker. [Meer Inligting]

McCain is die grootste vervaardiger van bevrore aartappelskyfies en ander aartappelprodukte in die wêreld. [Meer Inligting]

Simba is ‘n bekende Suid-Afrikaanse handelsmerk van aartappelskyfies. [Meer Inligting]